MEYERTON – Die gebore en getoë Riekerd Bornman het Saterdag sy onoorwonne armdrukrekord by East vs West behou toe hy die Sweed Filip Larsson in Jiaxing, China, geklop het.
Die 22-jarige Meyertonner het in die regterarm-super-swaargewigafdeling teen Larsson meegeding in ’n beste-van-vyf-kragmeting.

Bornman het ná die wedstryd sy vreugde oor die oorwinning op sosiale media uitgespreek en dit aan Suid-Afrika opgedra.
Hy het voor die kragmeting reeds vyf oorwinnings in die East vs West-reeks behaal, onder meer teen Wallace Dilley, Pavlo Derbedyenyev, Aleksandr “Schoolboy” Beziazykov, Lars Rørbakken en Alizhan Muratov.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
