SportSport

Lopies gaan vloei en paaltjies gaan spat

Dit is amper weer tyd vir die SPL-reeks.

VANDERBIJLPARK. – Die kolwe gaan van 1 tot 14 November klap wanneer die Sedibeng Premierliga (SPL) sy 12de krieketreeks vir laerskole by die Hoërskool Transvalia aanbied.

Vier spanne sal in elk van die o13- en o11-afdelings om vanjaar se titels meeding.

In die o13-afdeling is die Roosters, Stags, Thunder Force en BW Blasters ingeskryf. Die o.11-afdeling bestaan uit die Ravens, Bulls, BW Blasters en Strikers.

Die SPL het oor die jare ’n vaste plek op die Vaaldriehoek se junior krieketkalender gekry. Die 2024-reeks het sy 10de bestaansjaar gevier, terwyl die 2025-eindstryde ook op Transvalia se velde beslis is.

Met twee weke se krieket voor die deur, sal die jong spelers van 1 November af om ’n plek in die eindstryd en uiteindelik die SPL-titel meeding.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button