SportSport

Ruann op pad na Joshua se oefenkamp

Help Brit om vir sy geveg teen Tyson Fury voor te berei.

VANDERBIJLPARK – Die Oud-Vaaldriehoeker, Ruann Visser, is op pad na Anthony Joshua se oefenkamp in Dubai waar hy die Britse swaargewig gaan help voorberei vir sy langverwagte geveg teen Tyson Fury.

Visser, die voormalige Suid-Afrikaanse swaargewigkampioen, het dié nuus pas op Facebook bekendgemaak.

Dit is nie die eerste keer dat Visser by die voorbereiding van wêreldklas-swaargewigte betrokke is nie.

Hy was in die verlede onder meer ook by oefenkampe van boksers soos Oleksandr Usyk en Wladimir Klitschko betrokke.

Ruann Visser en Anthony Joshua by ‘n vorige oefenkamp.

“Ek sal by Anthony Joshua se oefenkamp aansluit om hom te help voorberei vir Tyson Fury vir wat beloof om een van die grootste gevegte in die boksgeskiedenis te wees,” het Visser geskryf.

Joshua en Fury pak mekaar op 11 Desember in die Principality Stadium in Cardiff in Wallis.

Vir Visser is die geleentheid ’n kans om verdere ervaring op die internasionale verhoog op te doen en terselfdertyd sy eie loopbaan vorentoe te neem.

“Dit is ’n groot eer om vertrou te word om deel van hierdie voorbereiding te wees. Ek is gereed om alles wat ek het by hierdie kamp te gee,” het hy gesê.

Visser het ook bekend gemaak dat hy by ’n internasionale bestuurspan aangesluit het terwyl hy groter gevegte en nuwe geleenthede op die wêreldverhoog nastreef.

Hy sal die span volgende week amptelik bekendstel. Daar is ook ’n moontlike geveg vir Visser in die Verenigde Koninkryk in Desember ná die oefenkamp.

Hy beklemtoon egter dat dié geveg nog nie bevestig is nie.

“Niks is nog bevestig nie, maar ek is opgewonde oor wat voorlê en sal die besonderhede deel sodra dit gefinaliseer is,” het Visser gesê.

Eddie Hearn, die bekende Britse bokspromotor, het by ‘n vorige Joshua-oefenkmap belangstelling in Visser getoon.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button