Sport

Doring Darius doen dit weer

Wanneer hy aan 'n diskus of gewigstootbal raak spat die rekords

MEYERTON – Die Vaaldriehoek se atletiekfabriek spog weer met puik uitvoerproduk. Die 15-jarige Dokkie-atleet, Darius Botha, het homself die afgelope paar jaar as ‘n wêreldklas veldatleet in sy ouderdomsgroep gevestig.

Hy het 2026 afgeskop waar hy in 2025 geëindig het. Volgens sy pa en afrigter, Ambro Botha, is hy baie tevrede met sy seun se vordering.

Darius het 2025 op hoogtepunt afgesluit toe hy wêreldwyd in sy afdeling met afstande van  68.69m (diskus) en 20.22m (gewigstoot) die beste en naasbeste afstande vir die jaar behaal het.

Hy het 2026 soos ‘n orkaan getref en by die Wildeklawer TUT Top 14 die rekords in sy twee gunsteling items verbeter het. Hy het die gewigstootbal op 18.41m laat neerplons en die diskus op 52.26m laat grondvat.

As sy vorm so vroeg in die seisoen enige aanduiding is, gaan daar nog vele rekords in die slag bly.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button