Skaapkoppers vier fees

‘n Uitgesoekte groep mans, vrouens en kinders het Saterdag 1 Augustus ‘n fees ter feeste gehou met disse wat nie sommer met enige persoon se gestel akkomodeer nie.

VANDERBIJLPARK. – ‘n Uitgesoekte groep mans, vrouens en kinders het Saterdag 1 Augustus ‘n fees ter feeste gehou met disse wat nie sommer met enige persoon se gestel akkomodeer nie.
Skaapkoppe, skaapsterte, afval, stampmielies en skilpadjies is nou nie alleman se voorkeur geregte nie maar die groep sê as jy eers dit geproe het, sal jy nooit nee sê vir die smulgereg nie. Met vetgesmeerde hande en monde sit elkeen met sy skaapkop en ‘n mes en begin jy volgens die kenners op die wange tot die skaapkop se tande vir jou glimlag. Daarna takel jy die res, breek die kakebeen af en eet die tongetjie. Om die hele gereg te voltooi sê ‘n kenner, breek jy die agterkop oop met ‘n mes, gooi bietjie sout in die breins en meng hom met ‘n lepel baie goed. Jy eet hom net so of smeer hom so oor ‘n geroosterde broodjie. Volg die groep deur skaap koppers op Facebook in te tik. – Jannie du Plessis (Mooivaal Media).

Back to top button