Local newsNews

Koning Makriel Seehengel Klub vier beste lyn natmakers

De klub het 'n groot kompetisie het wat voorlê vanaf 5 tot 10 November in Sodwanabaai.

Dit was ‘n gesellige prysuitdeling vir Koning Makriel Seehengelklub by die Portuguese-saal die afgelope naweek.

Op Saterdag, 28 Oktober is klublede se uitsonderlike prestasies die afgelope hengelseisoen gevier.

Kyle Stols en Dwayne Viviers.

Die hengelklub het regdeur die jaar aan verskeie hengelkompetisies regoor die land deelgeneem en ook onlangs hul eie aangebied waar die wenner met ‘n splinternuwe Bandit 490 hengelboot weggestap het.

Marius Claasen het ‘n trofee ontvang vir sy Snawelvis wat hy gevang het.

Nicky Venter en Dwayne Viviers.

Wolle Prinsloo en sy boot ‘Stifler’ was ook ‘n klubkompetisie-wenner.

Ricus van Heerden en Dwayne Viviers (voorsitter).

Kyle Stols is aangewys as Junior Hengelaar van die Jaar en Jacques Stols en sy boot ‘Make My Day’ het die prys gekry as Boot van die Jaar.

Divan Claasen het as Yster van die Jaar weggestap en Nicky Venter het die Senior Hengelaar van die Jaar trofee verower.

Japie Kleinhans, Nicky Venter, Jacques Stols en Marius Claasen.

Jackie Venter was die Dames Hengelaar van die Jaar en Christo Opperman is as ‘club stirrer’ aangewys.

Die hengelkub kan egter nie terugsit en ontspan nie, aangesien die klub nog ‘n groot kompetisie het wat voorlê vanaf 5 tot 10 November in Sodwanabaai.

Japie Kleinhans en Jacques Stols.

Wenners staan ‘n kans om prysgeld van R100 000 los te slaan en ‘n Cobra CAT 630 boot te wen.

Japie Kleinhans (ere-president) en Divan Claasen.
Dwayne Viviers en Christo Opperman.
Japie Kleinhans en Jacques Stols.
Japie Kleinhans, Kyle Stols en Dwayne Viviers.
Japie Kleinhans, Jackie Venter en Dwayne Viviers.
Jackie en Nicky Venter.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button