Local newsNews

Brief: Ondervinding by duikweg bly leser by

Daar was net ‘n bietjie water in die duikweg toe ons daardeur begin ry het.

Meisie Engelbrecht skryf per e-pos:

Met verwysing na die berig in die Herald van 1 Maart (Subway flooding: man dies trapped in car).

Ek sien baie mense het baie te sê op sosiale media oor die lewe wat verlore gegaan het verlede Maandag.

Ek het my man en ons kind het drie jaar terug ook amper in die moeilikheid geraak in dieselfde duikweg.
Dit was nie omdat my man ‘n kans gevat het nie.

Dit was ook laterig in die middag en dit het hard gereën. Daar was net ‘n bietjie water in die duikweg toe ons daardeur begin ry het en die volgende oomblik het ons gevoel hoe ons kar nie meer op die pad is nie.

Dit was toe ons onder in die duikweg gekom het, waar die pilare is. Gelukkig kon my man dit regkry om ons kombi deur die water te kry en ons kon uitry.

Ek dink as ons ‘n kleiner kar gery het, sou ons dit nie gemaak het nie. Ons het baie groot geskrik. My kind was twee jaar oud en agter in die kombi.

Ons sou dalk nie gou genoeg by haar kon uitkom nie as ons kar begin dryf het soos daardie man wat oorlede is.
Ek sal nooit weer deur een van die twee duikweë in die dorp ry as dit reën nie.

So al die slim mense op sosiale media wat opmerkings gemaak het en gesê het hy moes dit of dat gedoen het of meer versigtig gewees het, moet maar liewer hul kommentaar vir hulself hou.

Dit het baie, baie vinnig met ons gebeur. Ons was net gelukkig dat die water nie so baie was nie en dat my man betyds daardeur kon gaan.



LEES OOK: Oerwoudagtige begraafplaas wek kommer

LEES OOK: Tannie Mart speel al 60 jaar ringbal, hoop vir nog jare

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button