Rolstoelparkering is nie net vir gestremdes
Inwoner skryf per e-pos: Ek verwys na die brief in die Herald van 23 Oktober (Don’t park there you scum).

My mening is dat die parkerings nie net vir mense in rolstoele is nie, maar ook wel vir mense wat sukkel om te loop.
My man, kan as gevolg van kolonkanker en bestraling, nie meer behoorlik loop nie en verloor maklik sy balans.
Dus as die parkering nie vir dié tipe gestremdheid is nie, dan kan die persoon met ’n rolstoel ook maar op ’n ander plek parkeer, ten minste kan hy ry tot waar hy wil wees.
Ek stel voor dat mense met rolstoele en mense wat sukkel om te loop, ’n plakker kry wat slegs vir hierdie doel aangewend word.
Die plakkers moet ook nie vrylik beskikbaar wees nie, maar met oorleg vir die persoon se siekte toestand uitgereik word.
Lees ook:
‘Arrogant scum’ should be named and shamed
Disabled parking bays are abused
Kyk ook na die video:
In this mall, holograms of disabled people appear if you try to park in their space



