Inwoner, Brakpan-sentraal, skryf:
Die haglike toestand waarin die oop veld op die hoek van Highstraat en Germainslaan, Brakpan-sentraal, verkeer, is kommerwekkend.
Na herhaalde oproepe, na die gesondheidsafdeling van die Ekurhuleni Metro, kry ons as inwoners van die omgewing, geen terugvoer nie.
Die higiëniese toestand is haglik en ons sukkel met ‘n plaag van rotte.
Mense maak van dit ‘n ashoop veral vandat die asbliksisteem (wheeliebin-sisteem) in werking gestel is.
Munisipale werkers ry verby en wend nie ‘n poging aan om skoon te maak nie.
Redakteur se nota: Die Herald het die klagte onder die aandag van die Ekurhuleni Metro gebring.
Lees ook:
KYK NA FOTO’S: Die dorp is in ‘n haglike toestand
Metro fokus om probleemareas skoon te kry
Skole help om dorp skoner te kry
Volg ons:
Ontvang die nuutste nuus op jou foon:
WhatsApp nommer: 0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)



