Hoërskool Carletonville het die afgelope
tyd verskeie welslae behaal.
Die skool se skaakspan, onder leiding
van mnr. Piet Broodryk, is as
kampioene in hul liga gekroon. Die
skool het die liga met ‘n totaal van 35
punte gewen. Hoërskool Westonaria
was tweede met 33.5 punte.
“Die skaak was ‘n reuse sukses dié
jaar en die uitslae dien as bewys van
hoe goed Callies gevaar het. Callies
verslaan Fochville met 9.5 teenoor
slegs ‘n halwe punt wat Fochville kon
inpalm vir die dag.
“Ons wen ook vir Ventersdorp,
Wonderfontein en Carleton Jones,”
het ‘n woordvoerder van die skool,
mnr. Barney de Koker, gesê.
Broodryk noem dat hy baie trots is
op sy span. Hulle verdien waarlik om
die liga te wen.
Callies se hokkiespanne het ook
vanjaar weer uitstekend in die liga gevaar.
Die o.14-, o.15- en o.16 spanne
speel komende Saterdag in die finaal
by Maragon.” Die resultate is ‘n bewys
van deurlopende toewyding van die afrigters
en spelers gedurende die seisoen”
het mej. Nelmarie van Niekerk
gesê en wil elke speler en afrigter vir
hul opofferings die afgelope seisoen
bedank. Callies het ook dan vier spanne
wat na die kwart finaal in die Leeusliga
vir middelskole deurgedring het.
Die tweede span se finaal word
Woensdag teen Alberton High beslis.
Saterdag speel die o.14 ‘s teen Allen
Glen in Alberton en die o.15-, o.16- en
eerstespanne se wedstryde word op
Callies se velde beslis.
Die o.15’s speel om 09:00 teen Afrikaans
Hoër Germiston. Om 10:00 sal
die o.16 span, wat teen Nic Diedericks
gaan speel, op die veld draf. Om 11:15
vat die eerstespanne van Callies en
Bracken High School die veld.
“Callies nooi alle belangstellendes
om die dag saam met hulle te kom geniet
en sal die ondersteuning baie
waardeer,” het mnr. De Koker gesê.



