Fochville Rugbyklub is reeds volstoom aan die gang vir die nuwe jaar.
Die klub het verlede week ‘n nuwe bestuur gekies.
Bobby McCloud is die klub se nuwe voorsitter terwyl Julian Dawson die posisie as ondervoorsitter beklee. Kennith Theron is die klubbestuurder. Jurgens Bensch en Riaan Venter is addisionele lede.
Charlie van der Westhuizen is die klub se afrigter, terwyl Llewellyn Ebersohn die klubkaptein is.
Oefeninge het reeds op 30 Januarie begin en vind elke Dinsdag en Donderdag om 18:00 plaas.
Die klub se eerste vriendskaplike wedstryde gaan van 23 tot 25 Februarie op ‘n rugbynaweek by Malelane gespeel word. Die volgende wedstryde sal op 3 Maart tydens Hoërskool Fochville se reünie plaasvind.
Die Luiperds se klubkompetisie neem op 24 Maart ‘n aanvang wanneer Fochville Tuis teen Potch Agri sal speel. Hulle speel op 7 April weg teen Ikageng en op 14 April tuis teen die Potch Tigers. Fochville sal op 14 April weer in ‘n weg-wedstryd teen Kuma gaan kragte meet.
Enige spelers wat graag by die klub wil aansluit, of besighede wat die klub wil ondersteun, kan die oefeninge bywoon of Julian Dawson by 082 359 3728 skakel.

en Llewellyn Ebersohn. Agter is Bobby McCloud, Julian Dawson en Riaan Venter.



