SportSport

Callies atlete presteer by D2 byeenkoms

Hoërskool Carletonville se atlete het die afgelope naweek die skool by die D2 byeenkoms wat by Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp gehou is, verteenwoordig.

Hoërskool Carletonville se atlete het die afgelope naweek die skool by die D2 byeenkoms wat by Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp gehou is, verteenwoordig.
“Die reënweer het die atlete egter nie van stryk gebring nie en ons is baie trots om te sê dat drie van ons atlete
deurgedring het om aan die Suid-Gauteng kampioenskappe deel te neem,” sê mnr. SP Botha, atletiekorganiseerder
van Callies.
Die atlete wat Callies so trots maak is Tami Scott, wat die 100 meter vir seuns o.19 gewen het in ‘n tyd van 10.85 sekondes, Dorian Freeman wat die spiesgooi vir s.o/15 met ‘n wenafstand van 47.23 meter en Noleen du Plooy wat die hoogspring vir dogters o.19 met ‘n hoogte van 1.51 meter gewen het. “Ons is baie trots op ons atlete, dit vat harde werk en toegewydheid en is ‘n reuse prestasie wat ons leerlinge behaal het,” het Botha gesê.
Die Suid-Gautengse byeenkoms vind op 11 en 12 Maart in Germiston plaas.
Callies wens die drie atlete alle sterkte toe vir die byeenkoms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button