Local news

Betondwarslêers rondom Veltmanpark gelê om toegang vir voertuie te verhoed

Silvija Breytenbach het gesê dat, onder andere, drank- en dwelmgebruik in Veltmanpark nie 'n ongewone gesig is nie.

ERMELO – Daar is al etlike kere in Hoëvelder oor Veltmanpark, wat in 2021 opgeknap en weer aan die gemeenskap oorhandig is, berig, maar soms vir slegte redes ook.

In 2021 is nuwe swaaie, ‘n rondomtalie en ‘n wipplank deur Ben Greyling en sy span, Derrick Kellerman en Emlyn Hughes, aangebring, terwyl Neil Mattieson die sny van die gras behartig het. Later is daar ook ‘n klimraam vir die kinders opgerig.

LEES OOK: Wegneemeteboksies en drankbottels oral te siene by Ermelo se kinderparkies

Die inwoners sal onthou hoe die jongspan tydens die Paaseierjag baljaar het en hoe Kersfeesvieringe ook hier plaasgevind het.

Maar nou lyk die situasie heel anders.

Een van die klimrame wat oor die laaste twee jaar beskadig is. Foto: Wayne van der Walt

Die afgelope twee jaar was dit opvallend hoe drasties die terrein en toerusting agteruitgegaan het.

LEES OOK: Boards at Veltman Park in Ermelo fall over

Saans word voertuie met harde musiek daar geparkeer, terwyl kattebakke vol drank ‘n algemene tendens geword het.

Ná hierdie kuiersessies lê gebreekte glasbottels, wegneemetehouers en ander rommel wyd gesaai.

Boonop word die klimrame en swaaie, wat nie vir hulle bedoel is nie, gereeld deur die volwassenes en groter kinders misbruik.

Die betondwarslêers voordat dit rondom die park neergelê is. Foto: Wayne van der Walt

LEES OOK: Inwoners maak beswaar teen jong motorfietsryers by Veltmanpark

Silvija Breytenbach, wat oorspronklik by die opknapping van die park betrokke was, het haar misnoeë oor die situasie uitgespreek.

Sy het gesê dat drank- en dwelmgebruik hier nie ‘n ongewone gesig is nie, en dat daar al by verskeie geleenthede gebruikte naalde aangetref is.

“Die paaltjies wat opgerig is om toegang vir voertuie tot die park te voorkom is uitgehaal, en deesdae is dit algemeen dat mense met hul voertuie naby die toerusting parkeer en piekniek hou,” het sy gesê.

In ‘n poging om die probleem aan te spreek, het Breytenbach genoem dat betondwarslêers, soos dié wat op die spoorweë gebruik word, rondom die park neergelê is in die hoop om die voertuie uit die park te hou.

‘n Groot bohaai het oor Hoëvelder se beriggewing van jong motorfietsryers ontstaan, wat ten spyte van ‘n bord wat aandui dat motorfietse nie in die park mag ry nie, die reëls verontagsaam het.

’n Inwoner het die foto van die jong tieners ingestuur waar hul met motorfietse in die Veltmanpark gesien is. Foto: Verskaf.

Die berig het reaksies van verskeie inwoners uitgelok.

Sommige het gesê mense moet ophou kla oor alles en die jong motorfietsryers uitlos. Ander het gemeen dat die gedrag van dié wat in die park drink en urineer, meer aandag verdien as die kinders wat reëls en regulasies oortree.

LEES OOK: Gebrek aan publiek se ingryping en interne politiek mag dalk lei tot Veltmanpark se ondergang

Ongelukkig blyk dit dat wanneer een stel reëls nie gehandhaaf word nie, die res van die gemeenskap voel dat hulle ook nie enige reëls hoef te gehoorsaam nie.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button