Local news

Groot leemte in Ermelo ná Lighthouse sy deure sluit

Gemeenskap in Ermelo voel die afwesigheid van ’n belangrike ondersteuningsprojek vir hawelose inwoners en gesinne.

ERMELO – Byna ses maande nadat die Ermelo Lighthouse sy deure gesluit het, word die impak daarvan steeds in die gemeenskap gesien.

Volgens die voormalige bestuurder, Yzelle Swart, het die sluiting in Januarie ’n einde gebring aan ’n projek wat vir jare hoop en ondersteuning aan hawelose en kwesbare inwoners gebied het.

Swart beskryf die laaste dae van die Lighthouse as uiters emosioneel.

“Ons kliënte het gehuil toe ons daardie dag moes toemaak,” vertel sy.

Sy sê die sluiting het nie net die begunstigdes geraak nie, maar ook die span van 10 vrywilligers wat die projek vir vier jaar aan die gang gehou het.

LEES OOK: Haweloosheid in Ermelo onder kollig ná treinwaarneming

Volgens Swart het openbare ondersteuning met verloop van tyd afgeneem, wat die voortbestaan van die projek al hoe moeiliker gemaak het.

“Mense verstaan nie die omstandighede van hierdie mense nie. Dit is nie iets wat oornag met hulle gebeur het nie.”

Volgens haar kom baie van die mense wat deur die Lighthouse ondersteun is uit moeilike omstandighede wat reeds in hul kinderjare begin het.

“Meer as 60% van ons kliënte is gebore tussen 1990 en 1999. Hulle het almal dieselfde storie. Hulle ouers en naasbestaandes is oorlede en dan was hulle basies op hulle eie.”

ALSO READ: New details emerge about deceased man found in Ermelo

Talle van hulle beskik volgens haar nie eens oor die nodige dokumentasie om hul lewens weer op koers te kry nie.

“Hulle was al as kinders op straat. Die meeste van hulle het nie ID’s nie. Hulle het nie eens geboortesertifikate nie.”

Swart meen baie hawelose mense dra swaar emosionele laste wat verband hou met trauma, verlies, verwerping en verlatenheid.

“Hulle moet daagliks met hartseer en verwerping saamleef.”

Swart glo die antwoord lê nie in oordeel nie, maar in begrip.

“Agter elke persoon wat op straat leef, skuil ’n verhaal wat min mense ooit sal hoor.”

Lees meer oor haar tyd as bestuurder van die Lighthouse en haar beroep op die gemeenskap in Hoëvelder se gedrukte uitgawe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button