Die Erries se hokkie-, rugby-en netbalspanne het Saterdag aan hul eerste wedstryde vir die jaar se Tuks-reeks teen Hoërskool Garsfontein deelgeneem.
EHS het goed gevaar op die hokkievelde met die dogters se eerste span wat hul wedstryd 2-0 gewen het, die tweede span met ’n oorwinning van 3-1 en die 0/14A-span wat ook 3-0 met hul teenstanders afgereken het.
Dit het egter nie so goed gegaan op die rugbyveld en netbalbane nie, waar die spanne al hul wedstryde verloor het.
Die Erries ding dié Saterdag op hul tuisvelde teen Hoërskool Kemptonpark mee.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



