Liggies en HTS John Vorster toets mekaar
Ligbron eerstes verloor gelykop-stryd laat in die tweede helfte.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se rugbyspanne het Saterdag in ’n vriendskaplike kragmeting teen HTS John Vorster van Pretoria te staan gekom en ses uit agt wedstryde gewen.
Die wedstryde was vir albei skole ’n goeie toets vir die res van die ligaseisoen wat voorlê.
Ligbron se eerstes was ietwat ongelukkig om die wedstryd met 11 – 18 te verloor, nadat die spanne tot laat in die tweede helfte gelykop met 11 punte elk was.
Uitslae met spelers van die wedstryd in hakies is: 0/14A wen 19 – 5 (Reinhardt Horn); 0/14B verloor 12 – 42 (Donovan Geel); 0/15A wen 18 – 10 (Reinhardt Mostert); 0/15B wen 45 – 5 (Jan -Harm Schoeman); 0/16A wen 24 – 5 (Zolane Mgomezulu); derdes wen 27 – 10 (B.J. Mlotshwa); tweedes wen 15 -0 (Christo Willemse) en eerstes verloor 11 – 18 (Ruben Byleveldt).
Ligbron se wintersportspanne speel eerskomende Saterdag (16 Mei) tuis teen Hoërskool Volksrust.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



