Ermelo-ruiters is tops
Die Mpumalanga-span het met die eerste plek op SANESA weggestap.

Die SANESA Nasionale Skoleliga en SAMGWA nasionale Western Games perdrykampioenskappe het verlede week by Misty Meadows plaasgevind.
Anja van Huyssteen het ‘n 14de plek in die 1m spring-kompetisieklas behaal en tydens die pretdag het sy en die laerskoolruiter Walter van der Walt die Mpumalanga-streek verteenwoordig.
‘n Foutlose tydronde het aan Anja en Walter die wisseltrofee besorg.
Rikus Cilliers het drie eerste plekke, twee vierde plekke en ‘n vyfde plek in die Western Games behaal.
Tydens die dromresies, het Rikus op sy perd Daisy die Suid-Afrikaanse tydrekord in die ope afdeling vir hoërskoolruiters en volwassenes laat spat.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



