Sport

Jongman trek ‘n knewelkarp tydens sosiale hengelkompetisie by Eilandsmeer uit

Die klub nooi alle belangstellendes om betrokke te raak en om van die geleentheid gebruik te maak om gehaltetyd saam met hul gesinne en vriende langs die viswaters deur te bring.

Die Basa Sosiale Hengelklub het onlangs sy maandelikse kompetisie by Eilandsmeer aangebied.

Volgens die klubvoorsitter, Jaco Oosthuizen, het sowat 15 hengelaars deelgeneem.

Die swaarste karp is deur Adriaan Labuschagne uitgetrek en het 2,48 kg geweeg.

Die klub nooi alle belangstellendes om betrokke te raak en om van die geleentheid gebruik te maak om gehaltetyd saam met hul gesinne en vriende langs die viswaters deur te bring.

“Dit is ‘n sosiale klub, en ons wil graag hengel weer terugbring deur families en vriendegroepe betrokke te maak,” het Oosthuizen gesê.

Die klub sal maandeliks ‘n kompetisie aanbied waartydens die hengelaars se visse geweeg word en punte daarvolgens opgebou word.

‘n Klubkampioen sal aan die einde van die jaar aangekondig word.

Vir meer inligting, skakel Oosthuizen by 082 336 6937 of besoek die groep se Facebook-bladsy vir opkomende kompetisies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button