Sport

Gert van der Merwe beklink Ermelo Gholfklub se jaarlikse opekampioenskap

Die prys vir die beste oggendgros is deur Jarrod Elliott gewen met sy 70, terwyl Steve Smit die prys vir die beste middaggros verower het. Hy het 72 houe gespeel.

Gert van der Merwe het Saterdag Ermelo Gholfklub se jaarlikse opekampioenskap gewen deur ‘n 138 gros aan te teken.

Gary Daniel met 142 was tweede en Jaco van der Watt ook met 142, was derde.

Altesaam 40 spelers het aan die kampioenskap deelgeneem.

Van der Merwe het 71 houe oor die eerste 18 putjies aangeteken, teenoor Daniel en Van der Watt se 73 houe elk.

Die prys vir die beste oggendgros is deur Jarrod Elliott gewen met sy 70, terwyl Steve Smit die prys vir die beste middaggros verower het. Hy het 72 houe gespeel.

Gary Dennis het die prys vir die beste oggendnetto verower, terwyl Morné Wasserval die prys vir die beste middagnetto gewen het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button