Sport

Ermeloërs neem deel aan weeklikse parkrun

Mense van alle ouderdomme het deelgeneem en hulself op die koue Ermelo-oggend uitgedaag.

Die Kralinbergh-parkrun het die koue naweek verhit.

Johan Victor het weer eerste in die mansafdeling met ’n tyd van 28:45 gekom, en Zelda Keyser was eerste in die damesafdeling met ’n tyd van 30:00.

Johan Snyman.

Die volgende mense het hulle persoonlike tye verbeter:

  • Nosipho Mjelo in die damesafdeling met ’n tyd van 32:10.
  • Willem Hofman in die mansafdeling met ’n tyd van 33:21.
  • Jannie de Waal in die mansafdeling met ’n tyd van 36:09.
  • Yolandi de Waal in die damesafdeling met ’n tyd van 50:37.

Die parkrun word elke Saterdag vanaf 08:00 by Kralinbergh gehou. Onthou om op die webtuiste te registreer indien jy nie reeds het nie.

Andries Putter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button