Sport

Coal Miners Hotstix-span domineer in swartballiga

Twee van die span se spelers het besonders goed gevaar. Charles was tweede en Damion vierde uit die 73 spelers.

Die Coal Miners-potspelklub van Hendrina het onlangs as die kampioene van die Mpumalanga-swartballiga uitgetree.

Sowat 18 spanne van Middelburg, Hendrina, Bethal, Carolina, eMalahleni en Secunda het aan dié liga deelgeneem.

Die Coal Miners Hotstix-span, wat uit Charles en Veronica Wahlstrand en Damion en Jaco Bezuidenhout bestaan, het ná die uitspeelrondes algeheel derde geëindig, en het die Da Vinci Samurais in die kwarteindronde die stryd aangesê.

Met ‘n wentelling van 5-3 het hulle in die halfeindronde ook 5-3 met Timbivati 1 van Carolina afgereken.

In die eindstryd het die Coal Miners Hotstix teen een van die klub se eie spanne, die Coal Miners 2, te staan gekom en hulle met 5-1 geklop.

Die speler van die dag was Damion, wat al agt sy wedstryde vir die dag gewen het.

Twee van die span se spelers het besonders goed gevaar. Charles was tweede en Damion vierde uit die 73 spelers.

Related Articles

 
Back to top button