Ermelo Rugbyklub deel loesing uit in wegwedstryd
Volgens terugvoer van Nicky van der Walt, hoofafrigter, het al die spelers uitstekend gespeel en was dit daarom ook moeilik om ’n voor -en agterspeler van die wedstryd aan te wys.

In ‘n opwindende herontmoeting op 1 Junie het Ermelo Rugbyklub hul dominante vorm voortgesit met ‘n oorweldigende oorwinning van 46-5 teen eMbalenhle.
Ermelo het vir eMba in hul eerste ligawedstryd op 27 April aangepak en daardie wedstryd 24-7 gewen.
Volgens terugvoer van Nicky van der Walt, hoofafrigter, het al die spelers uitstekend gespeel en was dit daarom ook moeilik om ’n voor -en agterspeler van die wedstryd aan te wys.
“Ek dink ons het hulle bietjie onverwags gevang met die feit dat ons goeie hardlooprugby hierdie keer gespeel het.”
Die putnemakers en sleutelspelers
Diean Swart, Riaan (Os) Jansen van Rensburg, Billy van der Walt, Buhle (Boetie) Mangane en Mfundo Mposula het elk een en Ian van der Westhuizen twee drieë gedruk.
Swart het vier hiervan verdoel en ook een stafskop suksesvol oorgesit.
Rabaone Mokgalagadi en Boetie Mangane is as die agterspelers van die wedstryd aangewys en Leonhardt Venter en Billy van der Walt as voorspelers van die wedstryd.
Wat is volgende vir die span?
Op 22 Junie sal die koring van die kaf geskei word as Ermelo weer vir Kriel op tuisbodem aanvat.
Tydens die vorige kragmeting het Kriel koning gekraai met ’n punteverskil van slegs een.
’n Strafskop was aan hulle toegeken in die doodsnikke van die wedstryd wat hulle deur die pale gestuur het om die wedstryd te beklink.
Ondersteuners kan gereed maak vir ’n titaniese stryd, met Ermelo Rugbyklub wat die rekord wil regstel en Kriel wat sal wil wys dat die eerste oorwinning nie ‘n gelukskoot was nie.
Inligting oor die tyd en waar in Ermelo die wedstryd gespeel sal word, sal aan lesers nader aan die tyd deurgegee word.