Sport

Casino Wolves-span korrel sekuur by Wildman se ghongskietdag

Sowat 25 spanne het hul skietvernuf op die proef gestel tydens die ghongskietkompetisie by Indawo Game Lodge.

Ermelo se skuts het hulle visiers op ’n opwindende dag se kompetisie by die Wildman Ermelo Ghongskietkompetisie op 28 September by die Indawo Game Lodge ingestel.

Die kompetisie het by Indawo met sowat 25 spanne afgeskop.

Ses bane is vir die dag opgestel, en elke skut moes vyf ghongs raakskiet.

Bennie du Plooy hou ’n oog op sy spanmaat tydens die skietdag. Foto | Verskaf/Wildman

Benewens die aksiebelaaide kompetisie kon die skuts na twee maaltye, aand- en middagete, uitsien.

Vir diegene wat van ver gekom het, was verblyf by Indawo ook beskikbaar.

Ongelooflike pryse ter waarde van R100 000 was op die spel.

Die uitslae vir die viermanspanne:

• 1ste: Casino Wolves
• 2de: Punishers
• 3de: Sieg Heil

Kry jou kopie van die Hoëvelder vandeesweek vir al die uitslae van die dag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button