Sport
Ermelo se Basa-hengelaars trek die blinklywe aanwal
Ollie Howard het die swaarste sak vir die dag gehad met 16 visse wat hy uitgetrek het.
Die Ermelo Basa Sosiale Hengelklub het op 26 en 27 Oktober ’n klubkompetisie by die Appeldam aangebied.
Die hengelaars het ’n hele klompie mooi visse gevang.
Ollie Howard was die wenner van die dag met die swaarste sak vis.
Hy het 16 visse met ’n gewig van 33,4 kg gevang, asook die grootste karp en grootste baber.
Jaco Oosthuizen het die tweede swaarste sak gevang met ’n gewig van 33,2 kg, en Klaas de Beer was derde met ’n sakgewig van 28,77 kg.
Indien enigiemand by die klub wil aansluit, kan hulle hom by 082 336 6937 skakel, of op Basa se Facebook-blad gaan kyk vir datums en meer inligting oor komende kompetisies.
Lees die volledige berig in Hoëvelder om te sien waar die top 20 hengelaars op die puntestand ná afloop van die kompetisie staan.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.