Sport

Junior rolbalspelers behaal uitstekende prestasie in Gauteng

Die span bestaan uit drie spelers van Ermelo, AJ Maherry, Janco Minnaar en Pieter Swanepoel, asook Aiden Nel van Secunda.

’n Span van vier Junior Mpumalanga-rolbalspelers het onlangs aan die Gauteng Challenge deelgeneem en ’n indrukwekkende tweede plek behaal.

Die span bestaan uit drie spelers van Ermelo, AJ Maherry, Janco Minnaar en Pieter Swanepoel, asook Aiden Nel van Secunda.

Hulle het teen verskeie sterk spanne te staan gekom en na twee dae se strawwe wedstryde het hulle gewys dat hulle ’n span is waarmee daar rekening gehou moet word.

“Ons is uiters trots op hierdie jong mans en sien uit na hul toekomstige prestasies,” het Gerda Swanepoel, die president van die Ermelo Rolbalklub, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button