Sport

Ermelo stoeiers vaar goed tydens eerste MSV-toernooi

Wie het die kreetkompetisie gewen? Ermelo se Pumatjies natuurlik. Lees meer oor hul sukses op Secunda.

Die seuns van Ermelo Stoeiklub het op 15 Maart tydens die eerste MSV-stoeikompetisie op Secunda, kragte gemeet.

Die gasheer, Sasol Stoeiklub, het die stoeiers met ope arms ontvang en die dag met groot entoesiasme en passie vir die sport aangepak.

Groot opgewondenheid het vroegoggend geheers terwyl die Pumatjie-stoeiers opgewarm het en reggemaak het vir die byeenkoms.

Albert Steyn, Bastian Coetzer, Dihan van Rooyen, Eckhardt Buskes, Edward McKenzie, Ethan Withfield en Owen Hodgskin het vir die eerste keer aan die Pumatjie-stoei deelgeneem en hul eerste knopie ontvang.

Die stoeiers het elkeen met hul eerste toernooi ‘n skild ontvang, waarop ‘n knopie aangebring word vir elke kompetisie wat hulle bywoon.

Na afloop van die toernooi het al die klubs bymekaargekom om aan ‘n kreetkompetisie deel te neem, waar Ermelo se Pumatjie-stoeiers as die kampioene gekroon is.

In die MSV-ope het Ermelo se stoeiers hul man gestaan en 14 medaljes ingeryg.

 

Genico Olivier (rooi) en Werner Burmeister (blou) in aksie. Foto | René Joubert

Die stoeiers het die volgende medaljes behaal:

• Thomas-Jay van der Walt: goud

• Danie Strydom: goud

• Ewan de Wet: goud

• Albert Fivaz: goud

• Zion Leonard: goud

• Awian Steynberg: goud

• Keanu van Loggerenberg: silwer

• Ruan Marais: silwer

• Tian Steynberg: silwer

• JP Joubert: brons

• Neil Basson: goud

• Genico Olivier: brons

• Janko Rautenbach: goud

• Henro Harmse: silwer

• Kyle Breytenbach: goud

• Marnus Smith: silwer.

Reghardt van Niekerk, die voorsitter van Ermelo Stoeiklub, het die stoeiers gelukgewens met hul prestasies en ook al die afrigters, spanbestuurder en beamptes vir hul harde werk bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button