Sport

Riverbank en Phatboys ding mee in potspelkampioenskap

Intense spel was aan die orde van die dag tydens die onderskeie 8-bal kampioenskappe.

Opwindende 8-bal-aksie het op 1 Maart by Riverbank in eMahalahleni en Phatboys plaasgevind, met beide die mans en vroue van Ermelo wat in hul onderskeie kampioenskappe meegeding het.

Die mans het by Riverbank kragte gemeet, en strawwe kompetisie was aan die orde van die dag.

Na ’n spannende eindstryd het Neels Botha die oorwinning behaal deur Prince Morake met ’n telling van 6-3 te klop.

Morake het die tweede plek behaal, terwyl Marco Bender die derde plek ingeneem het.

Die vroue se kampioenskap het by Phatboys plaasgevind en hulle moes al hulle vaardighede ten toon stel.

Na ’n dag van intense spel, het Shanel Ackerman as die kampioen uit die stryd getree.

Sylvia Nolan het die tweede plek behaal, en Jolandie Prinsloo het die derde plek ingeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button