SA-stoeier van Ermelo verower podiumplek in Marokko
WP Human behaal silwer en brons ná indrukwekkende vertoning in internasionale stoeikompetisie.
WP Human, ‘n gr. 11-leerder van Ligbron Akademie vir Tegnologie en ‘n lid van die Ermelo Stoeiklub, het vanaf 29 April tot 5 Mei in Casablanca, Marokko, Suid-Afrika by die Afrika Stoeikampioenskap verteenwoordig.
Hy is tydens die nasionale proewe, wat op 15 Februarie in Belhar, Kaapstad, plaasgevind het, in die Suid-Afrikaanse Stoeifederasie se nasionale o. 17-span opgeneem.
Hier het hy sy plek in die span met krag, tegniek en deursettingsvermoë oopgeveg en in beide die vrystyl- en Grieks-Romeinse kategorieë beïndruk. Tydens die Grieks-Romeise kategorie het WP ‘n derde plek verower.
Gedurende die vrystyl-afdeling het WP weer eens skouer aan die wiel gesit en gewys wat hy kan doen.

Hy het ‘n silwer medalje in dié kategorie verwerf.
Met hul aankoms by die kampioenskap, het die groep ‘n oefensessie bygewoon in voorbereiding vir die kampioenskap wat die volgende dag afgeskop het.
Na die inweeg het WP twee sessies gehad, met drie teenstanders in sy gewigsklas.
“Ek het glad nie verwag om in die Grieks-Romeins ‘n medalje te kry nie,”het WP vertel.
Lees die volledige berig in Hoëvelder.



