Sport

Ligbron MTB-span skitter tydens fietswedren

Ligbron open nuwe fietsrybaan met opwindende wedren en meer as 200 deelnemers.

Ligbron Akademie vir Tegnologie het op 10 Mei sy nuutgeboude fietsrybaan tydens die skool se eerste byeenkoms ingewy.

Dié wedren, met meer as 200 deel-nemers, het vir ‘n dag vol opwinding gesorg.

“Ligbron het met hul nuwe fietsrybaan ‘n hoë standaard vir hoërskole in Suid-Afrika gestel,” lui die kommentaar van Danie Botha, die voorsitter van Mpumalanga se Fietsryunie tydens Saterdag se tweede provinsiale XCO-byeenkoms wat in Ermelo aangebied is.

Van jonk (die nippers) tot oud (die grandmasters) het hul vermoëns op hierdie uitdagende baan getoets.

Die 4.5 km-baan met sy veeleisende hindernisse het die fietsryers vanaf 13-jarige ouderdom se fiksheid en vaardighede op die proef gestel.
Die 24 laerskool- en hoërskoolfietsryers wat deel van Ligbron se oefengroep is, het aan die wedren deelgeneem en die volgende uitslae behaal:

Uitslae:

Nipper seuns (7-10 jaar):

  •  Jordan Warburg – tweede
  •  Griffin Eksteen – sesde
  •  Rianco Louw – 18de
  •  Janco Nel – 19de
  •  Neil Basson – 25ste
  •  Mikal Terblanche – 29ste
  •  Luhan Scott – 35ste
  •  Divan Hodgskin – 39ste
  • Bastian Coetzer – 40ste.

Nipper dogters (7-10 jaar):

  • Hayleigh Hodgskin – sewende
  • Olivia Cronjé – agtste.

Sprogg seuns (11-12 jaar):

  • Ewan Terblanche – vierde
  • Erich Nel – sewende
  • André Pretorius – 10de
  • Dian Jansen van Rensburg – 18de
  • Christiaan Nel – 19de
  • Awian Nel – 20ste
  • Johan de Wet – 26ste
  • Zuan Robertson – 27ste
  • Marthinus Buhrman – 31ste
  • Lian Scott – 32ste.

Sprogg dogters (11-12 jaar):

  • Willa Warburg – eerste

Subjunior seuns (13-14 jaar):

  • Rou-an Drotsky – vierde
  •  Lauwrens Marais – 10de
  • Lewellyn Ludike – 14de
  • Divan Els – 15de.

Subjunior dogters (13-14 jaar):

  • Anelie Geel – derde.
  • Jeug dogters (15-16 jaar):
  • Leoné van Zyl – sesdeDanika Scott – sewende
  • Kyla Eksteen – agtste
  • Serena Geel – negende

 

Jeug seuns (15-16 jaar):

  • Matthew Warburg – tweede
  • Michael Gouws – derde
  • Lamont Swart – 12de
  • Altus Schabort – 20ste.
  • Gerhard van Aardt – 24ste.

Junior seuns (17-18 jaar):

  • Christiaan Drotsky – sewende
  • Wynand van der Westhuizen – 14de
  • Riando de Beer – 15de
  • Holton Haarhoff – 17de
  • Christiaan Buhrman – 18de.

Elite mans (19-29 jaar):

  • Will van de Venter – agtste.

Ligbron-fietsryers se twee afrigters, Lawrens Scott en Grové Eksteen, het ook aan die wedren deelgeneem.

Scott het tweede in die veterane-afdeling geëindig en Eksteen, vyfde in die meesters-afdeling.

“Ligbron se fietsryouers en -afrigters verdien lof vir hulle ongelooflike insette wat hierdie klub binne vier jaar tot groot hoogtes gelei het

Danksy hul harde werk en ondersteuning, kan Ligbron vandag spog as die enigste hoërskool in Mpumalanga wat ‘n fietsrybaan op hul skoolgronde het,” het die skoolhoof, Gerhard Brand, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button