Sport
Ermelo-stoeiers palm 21 medaljes in by Komatipoort
Op die stoeimat was dit ’n stryd van krag, tegniek maar ook van karakter.
Die stoeiers van Ermelo het gewys waartoe hulle in staat is tydens die tweede MSV-stoeikampioenskap wat op 17 Mei in Komatipoort plaasgevind het.
Die toernooi het die deelnemers tot hulle uiterste beproef, nie net fisies nie, maar ook emosioneel, waar elke stoeigeveg ’n ware toets van wilskrag en tegniek was.
Na ’n intense dag van kragmetings op die stoeimat, het die Ermelo-span agt goue, nege silwer en vier brons medaljes, asook ’n vierde plek ingepalm.

Die volgende stoeiers het medaljes ontvang:
- Divan van Zyl: Silwer
- Kyle Breytenbach: Drie goud
- Hunter du Toit: Goud
- Eckhardt Buskes: Brons
- Dawid Fourie: Twee silwer
- Janko Rautenbach: Goud
- JD Anderson: Silwer
- Luker Anderson: Brons en silwer
- Thomas van der Walt: Goud
- Ruan Rautenbach: Silwer
- Genico Olivier: Brons
- Zion Leonard: Goud
- Keanu van Loggenrenberg: Silwer
- Nantus Buskes: Brons
- Ruan Marais: Goud
- JP Joubert: Silwer
- Neil Basson: Silwer
- Gert Botha: Vierde plek.
Die prestasies van elke atlete getuig van hulle harde werk en toewyding.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



