Minispelers lewer maksimum aksie op Ermelo se velde
Jong spelers van verskeie skole het hul talente gewys tydens Laerskool Ermelo se energieke mini-rugby- en netbaldag.

Laerskool Ermelo het op Vrydag, 24 Mei, ’n aksiebelaaide mini-rugby- en netbaldag aangebied waaraan verskeie plaaslike laerskole deelgeneem het.
Laerskool JJ van der Merwe, Laerskool Pionier, Laerskool Kalie de Haas en die gashere self het gesorg vir hope aksie, opwinding en gees.
Die rugbywedstryde is gespeel in die vorm van lint- of sogenaamde “tag”-rugby – ? geen-kontak weergawe van die sport wat fokus op spoed, vaardigheid en samewerking.

Die jong spelers het hul harte uitgespeel en gewys wat in hul steek.
Op die netbalbane het die dogters met ewe veel geesdrif deelgeneem. Die wedstryde was kompeterend, en is in ’n positiewe en opbouende gees gespeel.
Onderwysers, ouers en ondersteuners het langs die kantlyn gesorg vir ’n feestelike atmosfeer.



