Sport
Ligbron se hokkiespanne blink uit in ligawedstryde
Ligbron se spelers het hul ywer en spanwerk gewys tydens die hokkie-ligawedstryde teen Oosterland en Nelspruit.
Ligbron Akademie vir Tegnologie se hokkiespanne het met selfvertroue en vaardigheid die veld in die onlangse ligawedstryde teen Hoërskool Oosterland en Hoërskool Nelspruit betree.
Die seuns het teen Oosterland gespeel. Die eerstes en die o. 16-span het op Secunda se grasvelde gespeel, terwyl die o. 14-span tuis op Ligbron se veld gespeel het.
Die uitslae is soos volg:
- Eerste span: Wen 1-0 (Doel: SJ Monyela)
- o. 16-span: Wen 4-0 (Doele: Nuraz Tikly (1), Lindo Mashiyane (2), Michael Ronquest (1))
o. 14-span: Wen 7-1 (Doele: Samkelo Mlambo (3), Lethu Maseko (2), SD Mulder (1), Katlego Mogale (1))
Ligbron se dogters het op 24 Mei hul ligawedstryde teen Hoërskool Nelspruit op eie bodem gespeel.
Die uitslae is soos volg:
- Eerste span: Verloor 0-3
- Tweede span: Verloor 0-7
- o. 16-span: Speel gelykop 3-3
- o. 15-span: Speel gelykop 1-1
- o. 14-span: Verloor 0-1.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



