18 Ligbron-Rugbyspelers maak Pumas en akademiespanne
Ligbron se rugbyspelers wys hul staal en verdien plekke in verskeie provinsiale spanne ná sterk liga-optredes.
Ligbron Akademie vir Tegnologie het onlangs weer gewys waartoe hulle in staat is met 18 seuns wat vir verskeie top- provinsiale rugbyspanne gekies is.
Die seuns se ontwikkeling word verstewig deur hul deelname aan die Noordvaal Cup se plaatafdeling,’n hoogs mededingende liga waar Ligbron teen groot makroskole soos Westvalia, Zwartkop en Oos-Moot meeding.
Ligbron is die enigste skool van die Gert Sibande-distrik wat aan hierdie kompetisie deelneem.
Saam met HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg, wat albei van die Nkangala-distrik kom, is hulle die enigste drie skole in Mpumalanga wat in hierdie afdeling van die liga speel.

Spelers wat gekies is, sluit in:
- Siyanda Dennison – Cravenweek
- Lethi Ngwenya – o. 18-Akademiespan
- WP Human, Ndumiso Dhlamini, Regard Janse van Rensburg, Banele Mthombo, Gaston Brown – o. 17-Pumasspan
- Keenan Janse van Rensburg, Kamohelo Sibiloane, Katleho Sibiloane, Uhuru Mathebula – o. 16-Akademiespan
- Zannick Bosman, Jayden Cloete, Nhloso Mthswene, Ayabonga Nkosi – o. 15A-Pumasspan
- Janco Minnaar, Michael Ronquest, Philokuhle Hlatshwayo – o.15B-Pumasspan.



