Sport
Hoërskool Ermelo spelers gekies vir verskeie Pumasspanne
Hoërskool Ermelo se rugbytalente beïndruk met hul keuring vir verskeie Pumasspanne in onderskeie ouderdomsgroepe.
Agt rugbyspelers van Hoërskool Ermelo is onlangs vir verskeie Pumasrugbyspanne gekies.
Trompie van den Heever, Ghian Kleynhans, Jordaan Griesel en Vuyo Malo sal vir die o. 15A-span speel, terwyl Sipesethu Mhlabini, Pieter Jan Martin en Wium Burger vir die Pumas o. 15B-span sal uitdraf.
Jannie Jacobsz is vir die o. 16-akademiese span gekies.
“Baie geluk aan elke speler. Hoërskool Ermelo is uiters trots op hierdie jong rugbyspelers en wens hulle alle sterkte toe met hul deelname aan die onderskeie Pumasspanne,” het die hoof, Pieter Grobler, gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



