Sport

Ligbron se rugbyspanne seëvier in 5 uit 9 wedstryde teen Oos-Moot

Ligbron se eerstespan het in besonder ’n naelbytstryd gelewer wat die skare op die punte van hul stoele gehou het.

Ligbron se rugbyspanne het die afgelope Saterdag, 7 Junie, kragte gemeet met Hoërskool Oos-Moot van Pretoria.

Die eerste span se wedstryd in besonder was ’n spanningsvolle kragmeting wat toeskouers tot die laaste minuut op die punte van hul stoele gehou het.

Met ‘n halftydtelling van 15–26 het dinge nie rooskleurig vir die Liggies gelyk nie.

Die tweede helfte het egter vir groot opwinding gesorg toe die span met hernude energie en deursettingsvermoë die veld opgedraf het.

Tyrone Coetzee van Ligbron, sak sy skouer en maak gereed om sy teenstander plat te trek. Foto | Wayne van der Walt

Deur volgehoue druk en sterk verdediging kon die Liggies daarin slaag om die bordjies te verhang en die wedstryd met 41–38 te beklink.

Ligbron se puntemakers was Henco Scheepers, Renier van Staden, Neo Zwane, Siyanda Dennison (onderkaptein), Jurgens Bezuidenhout (kaptein) en Bandile Thanjekwayo, wat twee keer gaan druk het. Eben Degenaar en Gaston Brown het die res van die punte met hul skopwerk aangeteken.

Zander Swart gryp hol byna bo-oor sy teenstander wat bukom die bal op te raap. Foto | Wayne van der Walt

Uit die nege wedstryde wat gespeel is, het Ligbron vyf gewen,  ‘n uitmuntende prestasie teen ‘n skool wat bekendstaan as een van Pretoria se sterk rugbyinstellings.

Die uitslae vir al die wedstryde is as volg

  • o.14A-span: 31–10
  • o.14B-span: 36–14
  • o.15A-span: 13–28
  • o.15B-span: 10–12
  • o.16A-span: 20–25
  • o.16B-span: 7–34
  • 3de-span: 22–21
  • 2de-span: 22–19
  • Eerste span: 41–38

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button