Sport

Ermelo-stoeiers skitter by Beast of the East-toernooi

Sewe jong stoeiers van Ermelo het hul slag gewys en 10 medaljes by hierdie groot kompetisie in Pretoria gewen.

Sewe seuns van Ermelo Stoeiklub het op 21 Junie aan die Beast of the East-stoeikompetisie in Pretoria deelgeem.

Met meer as 400 inskrywings het die seuns ’n strawwe taak op hande gehad, maar hulle het hulle goed van hul taak gekwyt.

Ermelo se stoeiers het hul man gestaan en 10 medaljes ingeryg.

AJ van Niekerk (blou) in aksie. Foto | René Joubert

Sien al die foto’s: HIER

Die seuns het die volgende medaljes verower:

  • Kyle Breytenbach: Twee silwer
  • Wynand van der Westhuizen: Goud en silwer
  • David de Wet: Twee goud
  •  AJ van Niekerk: Goud
  • Phillip van Dijk: Twee brons
  • Zion Leonard: Goud
  • Jp Joubert: Vierde plek

Reghardt van Niekerk, die voorsitter van Ermelo Stoeiklub, het die stoeiers met hul prestasies gelukgewens.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button