Ligbron netbalspanne skitter by Mpumalanga A-liga uitdunne
Die eerste span het ook hul staal gewys en onder die top 10 spanne in die provinsie geëindig.
Ligbron Akademie vir Tegnologie het op 21 Junie aan die Mpumalanga A-liga netbaluitspele deelgeneem, waar beide hul eerste span en o. 16A-span hul vaardighede ten toon gestel het.
Die o. 16A-span het veral uitgestaan en met ’n merkwaardige tweede plek in die provinsie weggestap.
Die span het ses wedstryde gespeel en vyf daarvan gewen. Slegs drie spanne uit die Gert Sibande-distrik kwalifiseer om ná die vakansie aan die nasionale kampioenskap deel te neem.
Ligbron se o. 16A’s sluit aan by Hoërskool Secunda en Hoërskool Piet Retief se spanne om Mpumalanga te verteenwoordig tydens die SA-kampioenskap by Hoërskool E.G. Jansen in Boksburg.
Ligbron se eerste span het ook goed gevaar en uit 16 skole in die provinsie, agtste geëindig.



