Ermelo-stoeiers veg hard by Johnnie Reitz
Die byeenkoms het vanjaar sowat 1 008 inskrywings gehad en die dag was propvol wedstryde met meer as 1 400 wat plaasgevind het.
Die stoeiers van die Ermelo Stoeiklub het op 2 Augustus aan die Jonnie Reitz Big 5-byeenkoms in Pretoria deelgeneem.
Die byeenkoms het vanjaar sowat 1 008 inskrywings gehad en die dag was propvol wedstryde met meer as 1 400 wat plaasgevind het.
Die stoeiers het na ’n lang dag op die mat 11 medaljes ingeryg.
Elkeen van Ermelo se manne het hul harte uitgestoei en kliphard baklei.

Die afrigters en beamptes het hard gewerk en die hele dag rondgehardloop om te verseker dat die stoeiers betyds vir hul wedstryde was.

Ermelo se stoeiers het die volgende plekke behaal:
• Ewan de Wet: Goud
• Woldemar Winkler: Twee goud
• Phillip van Dijk: Brons
• MJ de Villiers: Brons
• Juard Bisschoff: Brons
• JC de Villiers: Silwer
• Ruben Bisschoff: Vierde plek
• Zion Leonard: Silwer
• Luke Anderson: Silwer
• Wian van Zyl: Silwer
• Divan van Zyl: Vierde plek
• Kyle Breytenbach: Brons.




