Sport
Ermelo-atlete hardloop in Evander
Atlete van Ermelo Athletic club het aan die Evander Marathon deelgeneem.
Die jaarlikse Evander-halfmarathon wat op 2 Augustus plaasgevind het, het plaaslike atlete die geleentheid gebied om hul uithouvermoë oor verskillende afstande te toets.
In die 21 km-afdeling het Sicelomph Thomo met ’n tyd van 01:47:00 oor die eindstreep gehardloop, gevolg deur Nico Weweje wat die eindstreep in 01:59:00 bereik het.

Die 10 km-wedloop het ook goeie tye opgelewer.
In die kategorie vir vroue 50+, het Zelda Keyser met ’n tyd van 00:52:00 klaargemaak, en Annaline Weweje het die 10 km in 01:25:00 voltooi.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



