Ermelo stoeiers presteer goed by Middelburg-toernooi
Groot opgewondenheid het reeds vroegoggend geheers toe die Pumatjie-stoeiers hul harte op die mat uitgestoei het.
‘n Groep stoeiers van Ermelo het die klub se naam hoog gehou tydens die vierde MSV-stoeibyeenkoms in Middelburg en het verskeie medaljes ingeryg.
Groot opgewondenheid het reeds vroegoggend geheers toe die Pumatjie-stoeiers hul harte op die mat uitgestoei het.
Hulle het elkeen met hul eerste toernooi ‘n skild ontvang waarop ‘n knopie aangebring word vir elke wedstryd wat hulle bywoon.
In die MSV-ope het Ermelo se stoeiers hulle man gestaan en 40 medaljes losgeslaan.
• Marko de Bruyn – Drie silwer
• AJ van Niekerk – Goud
• Wynand van der Westhuizen – Silwer
• Dawid Fourie – Twee silwer
• Kyle Breytenbach – Silwer en goud
• Lohan van Niekerk – Drie goud
• Divan van Zyl – Goud en twee silwer
• Woldemar Winckler – Drie goud
• MJ de Villiers – Twee goud
• Awian Steynberg – Goud en silwer
• JD Anderson – Silwer
• Janko Rautenbach – Silwer
• Zack Fourie – Goud en vierde plek
• Juard Bisschoff – Goud
• Luke Anderson – Goud en silwer
• Genico Olivier – Vierde plek
• Marnus Smith – Vierde plek
• Wian van Zyl – Goud
• Neil Basson – Brons
• Llwelyn Strydom – Silwer
• JC de Villiers – Twee goud
• Ruben Bisschoff – Goud
• JP Joubert – Goud
• Zion Leonard – Goud
• Albert Fivaz – Brons
• Keanu van Loggerenberg – Goud
• Nantes Buskes – Vierde plek
• Ewan de Wet – Goud
• Echardt Buskes – Goud.
Die stoeiers maak nou gereed vir die Mpumalanga Ope-kampioenskap wat op
6 September sal plaasvind.



