Swaarste vangs verseker Jaco Oosthuizen se voorsprong
Jaco het nie net die swaarste sak van die dag teen 12.1 kg ingeweeg nie, maar hy het ook die grootste karp van 6.515 kg gevang.
Die afgelope naweek se Basa Mpumalanga hengelkompetisie het vir groot opwinding gesorg, met Jaco Oosthuizen wat hom stewig in die eerste plek op die punteleer gevestig het.
Hy het nie net die swaarste sak van die dag teen 12.1 kg ingeweeg nie, maar hy het ook die grootste karp van 6.515 kg gevang.
Hierdie dubbele prestasie het hom ‘n voorsprong in die baie mededingende top 10 gegee.
Basa Mpumalanga se maandelikse kompetisie het op 7 September by die Lombard Plaasdam plaasgevind.
Rynhard Oosthuizen het met ‘n sak van 9.4 kg die tweede plek ingeneem, en die derde plek is deur Francois Barnard met ‘n sak van 7.255 kg behaal.
Die organiseerders het hulle borge bedank vir die pryse vir die gelukkige trekkings.
Die top 10-hengelaars ná afloop
van die kompetisie is:
• Jaco Oosthuizen – 315
• Johan Dekker – 314
• Gert Viviers – 258
• Pieter Vorster – 240
• Daniel Olivier – 233
• Pieter Mostert – 213
• Ollie Haward – 212
• Rynhard Oosthuizen – 212
• Francois Barnard – 208
• Willem Lizamore – 207.
Indien enigiemand by die klub wil aansluit, kan hulle Jaco by 082 336 6937 skakel of Basa se Facebook-blad besoek vir datums en meer inligting oor komende kompetisies.



