Sport

Lannique Graham behaal brons en plek in Protea-span vir tentpegging

Ligbron se Lannique Graham het haar passie vir tentpegging in prestasie omskep met ’n bronsmedalje en Protea-keuring.

Lannique Graham, matriekleerder van Ligbron Akademie vir Tegnologie en inwoner van Newcastle, het haar merk gemaak tydens die onlangse Suid-Afrikaanse Tentpeggingkampioenskappe in Jacobsdal.

Sy het ’n bronsmedalje in die Ring en Peg-afdeling gewen en is aangewys as lid van die Protea-vrouespan — ’n groot eer vir die jong ruiter.

Lannique, wat al nege jaar lid van die Normandien Tentpeggingklub is, is bekend vir haar leierskap, sportmangees en deursettingsvermoë.

Sy beplan om volgende jaar haar LLB-studies aan die Universiteit van Pretoria te begin, terwyl sy voortgaan om haar passie vir tentpegging uit te leef.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button