Sport

Ermelo-ruiter wys haar staal by nasionale ruiterkampioenskappe

Carli Huber van Hoërskool Ermelo het met puik prestasies by beide SANESA en SAWMGA haar plek as een van die land se top-ruiters bevestig.

ERMELO – Carli Huber van Hoërskool Ermelo het onlangs haar merk gemaak op twee groot ruiterplatforms toe sy met uitstekende uitslae by beide die Suid-Afrikaanse Westerse Mounted Games Association (SAWMGA) en die SANESA-kampioenskappe weggestap het.

By die SAWMGA Nasionale Kampioenskap het Carli ’n sesde plek algeheel in die Vlak 4-kategorie verower, ’n besonderse prestasie teen van die land se beste jong ruiters.

Huber van Hoërskool Ermelo tydens haar indrukwekkende rit by die SAWMGA Nasionale Kampioenskap.
Carli Huber van Hoërskool Ermelo het onlangs aan twee ruiterkampioenskappe deelgeneem. Foto: Facebook

Tydens die SANESA-skolekompetisie het sy haar welslae voortgesit met ’n tweede plek algeheel in die Vlak 7-afdeling, waarvoor sy ’n silwermedalje ontvang het.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button