Sport

Ses Ermelo-stoeiers help Pumas na Noordvaal top drie

Die Pumas het op die matte geswoeg en met net een punt agter die naaswenners geëindig om die derde plek te verower.

Ses stoeiers van die Ermelo Stoeiklub het hul deel bygedra om te verseker dat Mpumalanga Stoei Vereniging ’n derde plek tydens die Noordvaal Presidente Toernooi behaal het.

Die toernooi het Saterdag by die Noord-Gauteng Saal in Menlopark plaasgevind.

Vir dié kompetisie is die beste stoeiers in elke gewigsklas uit hul onderskeie provinsies gekies om teen vyf ander provinsies mee te ding.

Die stoeiers ding nie volgens hul ouderdom mee nie, maar volgens gewig in die onderskeie gewigsklasse.

Elke stoeier se prestasie tel punte vir hul span, en aan die einde ontvang die top drie provinsiale spanne medaljes of sertifikate.

Agter: Reghardt van Niekerk, Luke Anderson en JC de Villiers. Voor: Dawid de Wet, MJ de Villiers en Kyle Breytenbach. Foto’s | Verskaf/Ermelo Stoeiklub

Luke Anderson, JC de Villiers, MJ de Villiers, Dawid de Wet, Kyle Breytenbach en WP Human, asook die afrigter, Reghardt van Niekerk en beamptes, Yvonne Olivier en Silvija Breytenbach, is gekies om die Mpumalanga Stoei Vereniging te verteenwoordig.

Die Pumas het op die matte geswoeg en met net een punt agter die naaswenners geëindig om die derde plek te verower.

Die Bulls het eerste met 60 punte geëindig, gevolg deur die Valke met 39 en die Pumas het met 38 geëindig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button