Sport

Ermelo Stoeiklub beloon stoeiers vir hul prestasies

Die Hannes Dedekind-wisseltrofee vir Grieks-Romeins is aan WP Human toegeken. Hy is ook met die Coetzer-skild vir die beste prestasie beloon.

Die Ermelo Stoeiklub het op 28 Oktober sy algemene jaarvergadering en prysuitdeling by Laerskool JJ van der Merwe aangebied.

Die lede het dwarsdeur die jaar hard gewerk en is met wisseltrofeë beloon.

Dié klub het vanjaar ‘n besonderse goeie jaar ervaar, met die stoeiers wat 21 medaljes tydens die onderskeie Suid-Afrikaanse kampioenskap ingepalm het, 11 meer as die vorige jaar.

Eckhardt Buskes is as die beste stoeier in die o. 5- en o. 6-groep aangewys.

Ewan de Wet was die beste van die o. 7-groep en Zion Leonard van die o. 8’s. In die o. 9-groep was JC de Villiers die wenner en Wian van Zyl die beste van die o. 10-groep.

In die o. 11-groep is Gilliaume Strydom was die beste stoeier. Woldemar Winckler was die beste van die o. 13’s, AJ van Niekerk die beste van die o. 15-groep en WP Human was die beste van die o. 17’s.

Dawid Fourie het die trofee vir die moedigste stoeier ontvang en Awian Steynberg het die beste gevorder.

Die trofee vir die beste beginner is aan JP Joubert oorhandig.

Kyle Breytenbach het die trofee vir die meeste toernooideelname ontvang, sowel as die toekenning vir die meeste valle.

Kyle en Wynand van der Westhuizen deel vanjaar die trofee vir die strand-stoeier van
die jaar.

AJ van Niekerk het die trofee vir die mees wetenskaplike stoeier ontvang en Albert Fivaz die prys vir die vinnigste val.

Woldemar Winckler het die merietetrofee ontvang.

Die Hannes Dedekind-wisseltrofee vir Grieks-Romeins is aan WP Human toegeken.

Hy is ook met die Coetzer-skild vir die beste prestasie beloon.

Elke Pumatjie-stoeier het ‘n skild ontvang, en Keanu van Loggerenberg was die beste Puma-stoeier.

Gedurende die prysuitdeling het die klub ook vir Willem-Jan Human as die afrigter van die jaar vereer en Yvonne Olivier is as die beampte van die jaar aangewys.

Deon en Alicia van Zyl het die toekenning vir die toegewydste ouers ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button