Sport

BASA skop 2026 met groot vangste af by Ons Pan

Die kompetisie was straf, maar Jaco Oosthuizen het koning gekraai as die dag se wenner met 'n sak vis van net oor die 20 kg.

BASA Mpumalanga het die nuwe jaar op ‘n hoë noot begin met hul eerste klubkompetisie wat op 1 Februarie by Ons Pan plaasgevind het.

Die kompetisie was straf, maar Jaco Oosthuizen het koning gekraai as die dag se wenner met ‘n sak vis van net oor die 20 kg.

Kort op sy hakke was Nico Brits jr. in die tweede plek met ‘n sak van meer as 18 kg.

Shereen Koen het die derde plek ingeneem en gewys dat die vroue beslis hul plek langs die water kan volstaan.

Die klub het Sarita Uys Bosman vir die gebruik van Ons Pan bedank, en ook hul dank uitgespreek teenoor al die borge wat donasies gemaak het vir die gelukkige trekking-pryse.

Die jaar het op ‘n hoë noot afgeskop en die klub sien reeds uit na die volgende kompetisie.

Na afloop van die eerste kompetisie lyk die top 10 soos volg:
• Jaco Oosthuizen – 50 punte
• Nico Brits jr. – 49 punte
• Shereen Koen – 48 punte
• Francois Barnard – 47 punte
• Marthinus Joubert – 46 punte
• Nico Strydom – 45 punte
• Alex Lourens – 44 punte
• Bianca Louw – 43 punte
• Petrus Joubert – 42 punte
• Rudi Coetser – 41 punte

Die Basa Sosiale Hengelklub nooi alle belangstellendes om by hulle aan te sluit en van die geleentheid gebruik te maak om gehaltetyd saam met hul gesinne en vriende langs die viswaters deur te bring.

Die Basa Sosiale Hengelklub bied maandeliks ‘n kompetisie by verskeie damme in die omgewing aan.

Tydens hierdie byeenkomste sal hengelaars se visse geweeg word en punte sal daarvolgens opgebou word.

Aan die einde van die jaar word ‘n klubkampioen aangewys.

Indien jy en jou gesin of vriendekring langs die viswaters wil ontspan en deel van hierdie sosiale inisiatief wil wees, kan jy die klubvoorsitter, Jaco Oosthuizen, by 082 336 6937 skakel.

Belangstellendes kan ook die groep se Facebook-bladsy vir besonderhede oor opkomende kompetisies besoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button