Ermelo-stoeiers bring 15 medaljes huis toe ná Pretoria-toernooi
Die toernooi, wat by die Gauteng-Noord Stoeisaal in Menlopark aangebied is, het van die land se top-talent gelok.
Die stoeiers van die Ermelo Stoeiklub het op 14 Februarie hul staal gewys toe hulle die stoeimatte in Pretoria behoorlik laat bewe het tydens die Tuks Challenge.
Die toernooi, wat by die Gauteng-Noord Stoeisaal in Menlopark aangebied is, het van die land se top-talent gelok.
Die deelnemers het vroegoggend reeds hulle medies ondergaan en ingeweeg, waarna die toernooi afgeskop het.
Die saal was behoorlik aan die gons soos ondersteuners en afrigters die stoeiers aangemoedig het tydens die gevegte.
Ermelo se span het geensins teruggestaan nie en altesaam 15 medaljes huis toe gebring.
Die klub het die volgende uitslae verwerf:
• WP Human – twee goud
• Wynand van der Westhuizen – goud en silwer
• AJ van Niekerk – goud
• Ewan de Wet – goud
• JC de Villiers – goud
• MJ de Villiers – goud
• Danie Strydom – goud
• Wian van Zyl – goud
• Zion Leonard – silwer
• Keanu van Loggerenberg – silwer
• Divan van Zyl – silwer
• David de Wet – brons en vierde plek
• Lohan van Niekerk – brons.



