Sport

Hoërskool Ermelo wen Sonop Interhoër

Die dogters se medaljekas het na die dag se verrigtinge 24 goue, 21 silwer en 13 brons medaljes gehuisves.

Vir die tweede agtereenvolgende jaar het Hoërskool Ermelo (EHS) se vlag die hoogste gewaai toe hul as die algehele wenners tydens die jaarlikse Sonop Interhoër gekroon is.

Die interhoër het op 21 Februarie by Hoërskool Lydenburg plaasgevind.

Deelnemende skole sluit in Hoërskool Ermelo, Hoërskool Lydenburg, Hoërskool Middelburg, Hoërskool Rob Ferreira, Hoër Volkskool Heidelberg, HTS Witbank, Hoërskool Ben Viljoen en Hoërskool Bergvlam.

Die kompetisie was strawwer as ooit, maar die Erries se gesamentlike puntetotaal van 1 565 was genoeg om die res van die veld ver agter te laat.

Hoërskool Lydenburg het in die tweede plek geëindig met 1358.5 punte, gevolg deur Hoërskool Middelburg met 1326 punte.

Dit was veral die Errie-dogters wat amok gemaak het op die baan en veld.

Hulle het hul afdeling oortuigend gewen met ’n reuse totaal van 870.5 punte.

Die naaste mededinger in die dogtersafdeling was Hoër Volkskool Heidelberg met 654.5 punte.

Die dogters se medaljekas het na die dag se verrigtinge 24 goue, 21 silwer en 13 brons medaljes gehuisves.

In die seunsafdeling het EHS ’n derde plek behaal met 694.5 punte, terwyl hulle 7 goue, 6 silwer en 10 brons medaljes ingepalm het.

Die Erries se individuele prestasies is as volg:
• Margole Marx: Beste junior dogtersatleet (naellope) – 777 punte
• Lizé van der Merwe: Beste senior dogtersatleet (naellope) – 778
• Aletha Kloppers: Beste senior dogtersatleet (middelafstande) – 832
• Liané Cilliers: Beste senior dogtersatleet (hekkies) – 833.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button