Sport

Ligbron blink uit by Wildeklawer Interhoër 2026

Die Liggies het in groep nege van die byeenkoms kragte gemeet teen Curro Pretoria en Hoërskool Garsfontein B.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se atlete het op 16 Februarie met groot sukses aan die Wildeklawer Interhoër in Pretoria deelgeneem.

Die byeenkoms is deur Hoërskool Oos-Moot aangebied.

Die Liggies het in groep nege van die byeenkoms kragte gemeet teen Curro Pretoria en Hoërskool Garsfontein B.

Beide die seuns- en dogtersspanne was die beste in hulle onderskeie groepe.

Die span het huis toe gekom met 70 goue, 31 silwer en 15 brons medaljes.

Die atlete het die volgende uitsonderlike prestasies behaal:

• DeVilliers Dippenaar (o. 15) wen goud in gewigstoot, diskus en spiesgooi en is aangewys as die junior victor ludorum.

• Darius Boshoff (o. 17) was die senior victor ludorum, met drie goue medaljes in gewigstoot, diskus en spiesgooi.

• Marjolé Scheepers (o. 15) het die verspring, 200 m en 90 m-hekkies gewen en is aangewys as die beste junior baanatleet en hekkiesatleet in dié ouderdomsgroep.

• Ellané dos Reis (o. 14) is aangewys as die beste spronge-atleet, met ‘n nuwe interhoërrekord vir hoogspring vir haar ouderdomsgroep, met ‘n sprong van 1,52 m.

• Milla Dippenaar (o. 14) het in gewigstoot, spiesgooi en diskus goud gewen. Sy is aangewys as die beste junior veldatleet in dié dogtersgroep.

• Andries Burger (o. 15) het ook drie goue medaljes ontvang vir 400 m, 800 m en 1 500 m. Hy is aangewys as die beste junior seunslangafstandatleet.

• Jayden Plaatjes (o. 15) is aangewys as die beste junior seunsbaanatleet.

• Kyla van der Merwe (o. 17) is aangewys as die beste senior dogtersveldatleet.

• Katlego Sibiloane (o. 17) is aangewys as die beste senior seunshekkiesatleet.

• Berrie Nel (o. 15) is aangewys as die beste junior seunshekkiesatleet.

• Bernè Wentzel (o. 17) is aangewys as die beste senior dogtershekkiesatleet.

• Yolisa Burger (o. 15) is aangewys as die beste junior dogterslangafstandatleet.

• Mia Breytenbach (o. 17) is aangewys as die beste senior dogterslangafstandatleet.

Die hoogtepunt van die dag was die 10 aflosspanne wat almal hul wedrenne gewen het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button