School sport
Rekords spat by Ligbron se interhuisbyeenkoms
Met altesaam 1 563,5 punte het die Koedoes eerste posisie ingeneem, gevolg deur onderskeidelik die Springbokke en Rooibokke.
Ligbron se 2023-atletiekseisoen het verlede Vrydag met ’n uiters suksesvolle interhuisbyeenkoms afgeskop.
Met altesaam 1 563,5 punte het die Koedoes eerste posisie ingeneem, gevolg deur onderskeidelik die Springbokke en Rooibokke.
Drie rekords is tydens die byeenkoms verbeter. Met ’n blitsige tyd van 13,31 s het Bandile Thanjekwayo die seuns o. 17 se 110 m-hekkiesrekord verbeter.
Nicole Struwig het ook ’n nuwe rekord opgestel vir gewigstoot vir dogters o. 17 nadat sy 12,01 m ver gegooi het.
Met ‘n lopie van 11,09 s het Lindokuhle Maseko die seuns se o. 17-100 m-rekord verbeter.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



